Die Poel van Vuur
WAARSKUWING:
As jy nie OP HIERDIE OOMBLIK volgens die Bybel gered is nie, is jy net 'n hartklop van die Hel af. Jy is nou in die GROOTSTE GEVAAR wat bestaan in die heelal!
Jesus Christus, die Seun van God, beskryf die HEL as volg:
- Die plek na die dood waarna die MEESTE mense sal gaan (Mat. 7:13,14). [Liewe leser, as jy soos die meeste mense is, sal JY ook in hierdie verskriklike plek beland!]
- 'n Plek van buitenste duisternis waar daar geween sal wees en gekners van die tande (Mat. 24:51; 25:30).
- 'n Plek om te vermy selfs al beteken dit dat jy een van jou ledemate moet verloor (Mat. 18:8,9).
- Ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele (Mat. 25:41 en Op. 20:10).
- 'n Plek waar die vuur nie uitgeblus word nie (Mark. 9:43-48).
- 'n Plek van smarte, pyniging in vuur en sonder water (Luk. 16:19-31).
Die POEL VAN VUUR (die tweede dood) is:
- 'n Poel wat brand met vuur en swawel (Op. 21:8)
- Waar die dood en die doderyk gewerp sal word (Op. 20:14).
- Waar die rook van hulle pyniging opgaan tot in alle ewigheid en hulle dag en nag geen rus het nie (Op. 14:11).
Hel is NIE:
Hierdie lewe nie, 'n mite nie, 'n plek wat waar is net as jy daaraan glo nie, jou verbeelding nie, 'n plek waar jy met jou vriende kan partytjie hou nie of net vir mense soos Charles Manson, Adolf Hitler, bank rowers of moordenaars nie.
Wie sal gewerp word in hierdie EWIGE VUUR?
- Hulle wie se name nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie (Op. 20:15).
- Alle vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodedienaars, leuenaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers en rowers (Op. 21:8; 1 Kor. 6:9,10). Sien ook Gal. 5:19-21.
- Hulle wat nie op die Bybelse manier weergebore is nie (Joh. 3:3-7).
- Hulle wat nie diegene kan vergewe wat teen hulle gesondig het nie (Mat 6:14,15; 18:22-35).
- Hulle wat met Jesus begin, maar nie meer in Hom bly nie omdat hulle agterna 'n verkeerde leer van redding geglo en aangeneem het. (1 Joh. 2:24,25; 2 Joh. 9; Gal. 5:2,4; 1 Kor. 15:1,2).
- Hulle wat nie vrug dra nie (Mat. 25:14-46; Jn. 15:5,6), wat nie tot die einde toe volhard nie (Mat. 10:22 en Joh. 6:66) of wat nie meer glo nie, maar wegval in die tyd van TOETSING (Luk. 8:13 en Mt. 13:21). [Vervolging, in een vorm of 'n ander, is 'n TOETS wat kom na ALMAL wat godvrugtig wil lewe (2 Tim. 3:12; Luk. 6:22; Joh. 15:20).]
- Almal wat die dier en sy beeld aanbid het en elkeen wat die merk van sy naam ontvang het gedurende die tyd van die Antichris, wat ook voormalige Christene insluit wat NIE geduldig volhard en getrou aan Jesus gebly het nie. (Op. 14:9-12; 13:8-10).
- Alle struikelblokke wat sonde veroorsaak en ALMAL wat die ongeregtigheid doen (Mat. 13:41,42).
- Almal wat selfsugtig is, die waarheid verwerp en aan die ongeregtigheid gehoorsaam is (Rom. 2:8).
Om vergewe te word en die EWIGE MARTELING te ontvlug:
Bekeer jou van jou sondes en plaas 100% van jou VERTROUE in Jesus Christus vir jou siel se redding (Luk. 13:3,5; Hand 20:21; 26:20). Streef altyd daarna om 'n skoon gewete te hê (Hand 24:16). Volg Hom sonder skaamte in hierdie sondige geslag (Mark. 8:38). "Want ons het deelgenote van Christus geword, AS ons net die begin van ons vertroue TOT DIE EINDE toe onwrikbaar vashou" (Heb. 3:14). Skakel die TV af, lees en herlees die Nuwe Testament en pas jou gedrag en jou waardes daarvolgens aan. Glo die Bybel meer as enigiets wat jy geleer is! Die Bybel is die FINALE OUTORITEIT en is GEHEEL EN AL VOLDOENDE vir alles wat God wil hê jy moet weet, insluitende jou redding (2 Tim. 3:15-17). Jou EWIGE BESTEMMING in hemel of hel hang af van wat jy maak met die boodskap van die Bybel. Die mense wat op hierdie oomblik in die Hel is sal alles gee net om 'n kans soos hierdie te kan hê om gered te word. Moenie dat hierdie kans verbyglip nie! Berei jou VANDAG voor vir jou dood. Môre mag te laat wees. Vra Jesus nou vir vergifnis en volg Hom met jou hele hart tot jou dood toe.
Jesus Christus is die ENIGSTE Verlosser, Middelaar, Hoop en Weg tot die Vader. As jy Hom verwerp of wegdraai van Hom en Hom nie meer volg nie, sal jy sekerlik nie die Hel ontvlug nie. As jy een keer gered was, maar jy het jou rug op God gekeer, bekeer jou en keer terug na die Vader (Luk. 15:24,32). Jy KAN NIE van die ewige vuur gered word deur kerklidmaatskap, deur 'n "goeie persoon" te wees, water doop, onderhouding van die Saterdag Sabbat, die Tien Gebooie, Maria, ens, nie. Die BYBEL ALLEEN is God se Woord - nie tradisies, die Boek van die Mormone, Koran, Bhagavad-Gita, Avesta, Angas, ens, nie. Daar is GEEN reïnkarnasie, vaevuur, tweede kans of uitwissing van die goddelose nie.
Verlaat Jou Sondes - VERTROU CHRISTUS Vandag!
Die Hemel:
Dit is waar en dit kan joune wees!
Die Here Jesus het vir die voormalige dief, wat hom bekeer het en vergifnis gevind het, gesê, "Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die PARADYS wees" (Luk. 23:43).
Hoe is die Hemel?
- Ewige vreugde en blydskap - kommer en gesug sal wegvlug (Jes. 35:10).
- God sal geloof, geprys en aanbid word (Op. 5:9-14; 19:1-8).
- Geen dood, rou, geween, pyn, rampe, nag of duiwel (Op. 20:10; 21:4; 22:1-5). Daar sal geen behoefte wees aan hospitale, polisie, tronke, begraafplase of ambulanse nie.
- Volmaakte vrede in die diereryk gedurende die duisendjarige vrederyk (Jes. 11:6-9).
- 'n Nuwe Hemel en 'n nuwe aarde (Jes. 65:17; 66:22; 2 Pet. 3:13; Op. 21:1).
- Die Nuwe Jerusalem bestaan uit pure goud, is min of meer 1,400 tot 1,500 myl hoog, lank en breed, het mure van jaspis, strate van goud, en poorte van pêrels wat nooit gesluit word nie (Op. 21:15-27). Die Argitek en die Bouer van die Heilige Stad is God Homself (Heb. 11:10). Dit is nie nodig vir die son of die maan om daarop te skyn nie, want "die Lam is sy lamp" (Op. 21:23; 22:5). Die rivier van die water van die lewe, die boom van die lewe en en die troon van God en van die Lam sal in die stad wees (Op. 22:1-5).
- "Wins" en "verreweg die beste" in vergelyking met hierdie lewe (Fil. 1:21,23).
- Voorberei vir diegene wat vir God liefhet (Jak. 2:5) en vir die regverdige (Mat. 25:34-40).
Hoe kan JY Hemel toe gaan wanneer jy sterf?
- Slegs uit genade, nie deur werke nie (Efes. 2:8,9).
- Gaan in alle opregtheid en direk na Jesus, soos die dief wat vergifnis ontvang het (Luk. 23:42,43). God ken jou hart, so jy moet opreg en eerlik wees.
- Jy moet Jesus meer liefhê as jou ouers, eggenoot, kinders, broers, susters en selfs jou eie lewe (Mat. 10:37; Luk. 14:26). Jesus het gesê, "So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie" (Luk. 14:33)
- Verloën jouself, neem jou kruis elke dag op en volg Hom (Luk. 9:23).
- Wees bereid om fisies te sterf vir Jesus as dit nodig is (Mt. 10:39; Luk. 17:33; Op. 12:11).
- Volhard daarin om goeie werke te doen sodat God vir jou die ewige lewe sal gee (Rom. 2:7).
- Saai in die Gees en maai die ewige lewe (Gal. 6:8,9).
- Gehoorsaam Hom, want Hy is die bewerker van ewige saligheid vir almal wat Hom gehoorsaam (Heb. 5:9).
- Leef nou vir Christus (Fil. 1:21).
- Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie (1 Joh. 5:12).
Hoe belangrik is JOU redding?
Die Ewige Lewe is baie meer belangriker as geld, 'n liefdesverhouding, vriende, roem, populariteit, mag of om die hele wêreld te win. Moenie jou siel verbeur vir hierdie dinge nie (Mark. 8:36). Jou redding is net so BELANGRIK as wat die EWIGHEID lank is! Jou getrouheid aan Christus nou (of tekort daaraan) sal jou beïnvloed 'n honderd jaar van nou en tot in alle ewigheid. Mense het al tyd in die tronk spandeer, hul werk, eggenote, vriende, familie, materiële besittings, lewens, ens. verloor om gered te word en om hulle redding te behou. Jy mag dalk dieselfde prys betaal voordat jou lewe, wat 'n "toets" is, verby is (Op. 2:10,11)! Jy is besig om te stry vir die ewigheid - vir jou ewige siel en die siele van ander! Kom na God op Sy terme en bly getrou aan Hom.
Dit is die mees belangrikste ding wat jy ooit sal doen in hierdie lewe. Jesus het gesê, "Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal NIE in staat wees NIE" (Luk. 13:24). Hou jou rein (1 Tim. 5:22), van afgode (1 Joh. 5:21), bewaar jou vlekkeloos van die wêreld (Jak. 1:27), en onthou jou van elke vorm van kwaad (1 Thess. 5:22). Wees los aan die dinge van hierdie lewe, want hulle is almal net tydelik. Weerstaan sondige versoekings.
WEES OP JOU HOEDE teen VALSE LERAARS (Jehovah Getuies, Mormone, ekumeniese leiers, ens.). Moet ook nie alles aanvaar wat jy hoor van Christelike TV programme, radio, kansels of Christelike boeke nie! Baie van wat deur hierdie kanale geleer word is gedeeltelik waar en gedeeltelik VALS. Sommige is PURE GIF vir jou siel. Kontroleer alles wat jy hoor of lees met die Skrif in konteks. As dit nie in die Bybel gevind word nie, verwerp dit! Vergelyk Skrif met Skrif en neem alles wat die Bybel sê oor 'n spesifieke onderwerp in ag. Kry 'n goeie, betroubare en maklik leesbare Bybelvertaling in die hande. Bestudeer dit vir JOUSELF. Moenie op ander mense se interpretasie vertrou nie.
Jesus het gesê, "My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen" (Luk. 8:21). Die Apostel Paulus het gesê:, "Die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig" (Gal. 5:24). Hulle wat werklik die Koninkryk binnegaan word beskryf as "Sy geroepe, uitverkore en GETROUE VOLGELINGE" (Op. 17:14). Moenie Christus verloën nie of Hy sal jou ook verloën (Mat. 10:33). Sien 2 Pet. 1:5-10. Lees, oordink, memoriseer en GEHOORSAAM DIE SKRIF, veral die Nuwe Testament.
Soek die DINGE DAARBO!